Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Wen kaartjies om Bok van Blerk by Rosetulee te sien

Twee lesers kan elk 'n dubbel kaartjie wen.

Aanhangers van die gewilde sanger Bok van Blerk kan hom môreaand (Vrydagaand, 14 September) by Rosetulee op die verhoog sien.

Goeie nuus is dat twee lesers van die Herald elk ‘n dubbel kaartjie kan wen om die vertoning by te woon.

Al wat jy moet doen is om ‘n e-pos te stuur na brakpanherald@caxton.co.za en in een sin te sê waarom jy graag die kaartjies wil wen.

Die wenners sal môreoggend (Vrydag) telefonies in kennis gestel word en die kaartjies sal voor 3nm by die Herald se kantoor afgehaal moet word.

Die sluitingstyd vir die kompetisie is vandag (Donderdag) om 8nm.

Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.

Onthou om jou telefoonnommer in die e-pos te meld.

Rosetulee is geleë te Dirk van der Hoffweg 198 en die vertoning begin om 8nm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button