Redenaar finaal wink vir Ankers
Vier leerders het na die landswye finaal deurgedring.
Leerders van Hoërskool Die Anker het onlangs aan die Interskole Redenaarsliga se provinsiale rondte deelgeneem.
Daar was net so onder die 2 000 inskrywings. Die Anker is trots op vier leerders wat na die landswye finaal deurgedring het.
Hulle is Zandrie de Beer (graad agt) onvoorbereide redenaars (90%), Divan du Plooy (graad 11) voorbereide redenaars (91%), Marjolandi Geyser (graad 12) voorbereide redenaars (93%) en Robbie Hawley (graad 12) voorbereide redenaars (97%).
Die res van die redenaarspan het ook met die volgende uitslae goed gevaar:
• Graad agt
Johanne van Wyngaardt (Afrikaans voorbereid 93% en Afrikaans onvoorbereid 87%), Cameron Ingram (Afrikaans voorbereid 92% en Afrikaans onvoorbereid 85%), Zandrie de Beer (Afrikaans voorbereid 92%), Werner Krieger (Afrikaans voorbereid 90%)
• Graad nege
Chanelle Liebenberg (Afrikaans voorbereid 94%), Nachalee Creser (Afrikaans voorbereid 93% en Afrikaans onvoorbereid 90%), Ruan Smith (Afrikaans voorbereid 90%)
• Graad 10
Mario Do’Ofaustino (Afrikaans voorbereid 88%), Zander Welding (Afrikaans voorbereid 85%)
• Graad 11
Victor Naude (Afrikaans voorbereid 90%), Karien du Plessis (Afrikaans voorbereid 88%)
• Graad 12
Rewaldo Stoltz (Afrikaans voorbereid 88%)






