Fondsinsameling baat bejaardes en diere

Die dag beloof volop vermaak die optrede van gaskunstenaar, Neels Kok.

Inwoners word uitgenooi om ’n fondsinsamelingsprojek ten bate van die bejaardes van Tweedy Park sowel as die Sunny’s Pet Outreach Team (SPOT) te ondersteun.

Die geleentheid vind op 9 Mei by Cosy Corner in Brenthurst plaas, van 09:00 tot 14:00.

Die toegangsfooi is nie-bederfbare kos (vir Tweedy Park) en/of hondekos en katkos vir SPOT.

Vermaak sal volop wees en sal ’n springkasteel en tombola insluit. Besoekers kan ook uitsien na die optrede van die gaskunstenaar Neels Kok.

Kosstalletjies en ander stalletjies kan bespreek word deur 072 961 7089 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button