Brakpan-bokser verteenwoordig Gauteng by SA’s
Die plaaslike bokser gaan na die SANABO South African Youth and Elite National Boxing Championships saam die Gauteng span.
Brakpan Boksklub se Donewin Martens neem hierdie week deel aan die South African National Amateur Boxing Organisation (SANABO) se SA Youth and Elite National Boxing Championships in Kuilsrivier, Kaapstad.
Hy het Dinsdag, 7 Julie vertrek Kaap toe om van Woensdag (8 Julie) tot môre (11 Julie) deel te neem aan die nasionale kampioenskappe as deel van Gauteng se senior jeugspan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



