Local news

Brakpan Duiweklub vaar goed vanaf Reddersburg

Die GPU wedvlugte in die ope en jongduif afdelings is vanaf Reddersburg gehou laas naweek.

Brakpan Duiweklub se duiweboere het op 4 Julie in die ope- en jongduifafdelings van die Gauteng Pigeon Union (GPU) se wedvlugte vanaf Reddersburg meegeding.

Die vlugafstand was ongeveer 430km. Weerstoestande was gunstig met helder weer en ‘n suidoostewind. Die uitslae is voorlopig en moet nog deur die unie goedgekeur word.

Wedvlugposisies word bepaal deur die duiwe se spoed, wat volgens die totale afstand wat elke duif gevlieg het bereken word. ‘n Duif wat vroeër ingeklok het, eindig dus nie noodwendig hoër op die ranglys nie.

Indien dit ‘n korter afstand afgelê het, kan die berekende spoed laer wees, wat ‘n laer posisie op die uitslaglys tot gevolg het.

In die ope lyk die top 10 soos volg:

  1. Cyril Jasper, wie se duif om 13:55 ingeklok het.
  2. Johan van Staden om 14:02.
  3. Johan van Staden om 14:03.
  4. Cyril Jasper om 14:00.
  5. Christo Kamffer om 14:06.
  6. Tewis Beukes om 14:08.
  7. Tewis Beukes om 14:08.
  8. Johan van Staden om 14:03.
  9. Frik Nel om 14:03.
  10. Frik Smit om 14:04.

Die jongduif wedvlug lyk soos volg:

  1. Frik Smit om 13:20.
  2. Johan van Staden om 13:20.
  3. Johan van Staden om 13:21.
  4. Johan van Staden om 13:22.
  5. Cyril Jasper se B-span om 13:18.
  6. Cyril Jasper se B-span om 13:20.
  7. Cyril Jasper se B-span om 13:22.
  8. Cyril Jasper om 13:22.
  9. Cyril Jasper om 13:24.
  10. Frik Smit om 13:28.

ALSO READ: Children’s Haven thanks buyers, requests donations for charity shop

ALSO READ: Inwoners sê Tweedy Park se probleme duur voort ondanks Ekurhuleni se beloftes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button