LifestyleLocal news

Outdoor X: Maak gereed vir dié buitelugfees – 2 tot 4 Junie

Koop jou kaartjies vooraf aanlyn by https://outdoorx.co.za/buy-your-tickets/ en kry dit goedkoper as by die hekke!

Buitelewe-geesdriftiges tel al die dae af na 2 Junie, wanneer vanjaar se Outdoor X by Hartsfeld Plaas in Midvaal begin! Outdoor X, die grootste ekspo van sy soort in Suid-Afrika, begin Vrydag en hou aan tot Sondag 4 Junie.
Met toegang van net net R120 vir volwassenes en R60 vir kinders van 6 tot 12 jaar is dit ‘n lekker bekostigbare fees vir die hele gesin. Kleingoed jonger as 6 kry gratis toegang.
Koop jou kaartjies vooraf aanlyn by https://outdoorx.co.za/buy-your-tickets/ en kry dit goedkoper as by die hekke!
Besoekers gaan vanjaar nie net honderde diensverskaffers se uitstallings in 12 verskillende buitelewe-kategorieë kan sien nie. Daar is ook iets vir die oor, met vrolike musiek wat elke dag deur bekende sterre soos Jan Jan Jan, Piet Pompies, Beeskraal, Sean Miles, RNK Band, Bad Peter, Fatman, Fritz Gunther, Bloumoord en die Wildberries verskaf gaan word. Kom sit terug, smul aan lekker kos en geniet iets te drinke terwyl jy na die musiek luister. Bring die hele gesin en onthou om lekker gemaklike skoene aan te trek om die pragplaas vol uitstallings plat te stap.
Besoek die Facebook-blad  https://www.facebook.com/OutdoorXpo vir nog inligting oor dié plesierige fees!
Die pen-ligging is https://bit.ly/3xYN3Nf.

 

Related Articles

 
Back to top button