Local newsSport

Hoërskool Fochville maak geskiedenis

Die skool se eerste rugby-, netbal-, en hokkiespanne het hul wedstryde gewen.

Deelnemers van heinde en ver het die afgelope naweek na Hoërskool Fochville gestroom.

Die skool het Saterdag die geleentheid gehad om die een semi-finaal van NWU se Super 16 wintersportreeks op hul tuisvelde aan te bied.

“Watter mooi dag was dit nie! Reeds van vroeg af het busse van skole van so ver as Vryburg, Wolmaransstad, Naboomspruit en Groblersdal die dorp binne gestroom. Die agt skole, wat verder ook Leeuwenhof en Riebeeckrand insluit, se rugby-, hokkie-, en netbalspelers het beslis vir genoeg aksie gesorg. Behalwe vir die terrein en sportvelde wat geskitter het, het die Blougolf ook op die sportveld vir niks en niemand teruggestaan nie,” sê die skool se woordvoerder, mev Elsabe de Mesquita.

Die eerste spanne het gewys waarvan hulle gemaak is en elkeen hul wedstryd gewen.

Die eerste rugbyspan het Hoërskool Hans Strydom van Mookgopong (voorheen bekend as Naboomspruit) 31 – 24 geklop. Fochville se eerste hokkiespan het ook hul opponente van Hans Strydom met ‘n telling van 2 – 1 in die stof laat byt. Hoërskool Fochville se eerste netbalspan het op hul beurt Hoërskool Riebeeckrand van Randfontein met ‘n telling van 29 – 23 geklop.

Hoërskool Fochville se wenspanne gaan die komende naweek die reeks se finale in Potchefstroom speel. Die netbal en skaak word reeds Vrydag op die Noordwes-Universiteit se sportvelde gehou. Dieselde dag kom die skool se gholfspan in ‘n kragmeting by Goldfields West Private Gholfklub te staan.

Die rugby- en hokkie se finale word Saterdag beslis. Saterdag vind al die hokkie- en rugbywedstryde plaas.

“Baie sterkte aan elke span en hul afrigters wat die naweek teen skole soos Pretoria-Noord, Pionier van Vryheid en Ferrum van Newcastle gaan deelneem. Daar is beslis nie ‘n beter en harder manier om vir die liga voor te berei nie,” sê De Mesquita.

Fochville se netbal- en hokkiespelers het ook uitstekend presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button