Local newsSport

Fight St-vegters blink uit by Mooirivier Challenge

Carletonville-klub wen toekenning vir meeste deelnemers terwyl beginners ook goud inpalm.

‘n Groot groep vegters van die Fight St skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek tydens ‘n groot kompetisie in Potchefstroom presteer.

Volgens hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het die vegters op 18 Julie aan die Mooirivier Challenge by die NWU se Potchefstroom kampus deelgeneem. Altesaam 220 vegters van klubs in Noordwes, Gauteng en die Noord-Kaap het kragte gemeet.

Fight St het die toekenning vir die meeste deelnemers ontvang en verskeie van die vegters het ook medaljes ingepalm.

“Ek is baie trots op ons klub. Baie beginners het vir die eerste keer deelgeneem en goue medaljes gewen,” sê Van Winkel.

Hy voeg by dat daar ‘n besige tyd vir die jong vegters voorlê aangesien hulle op 22 Augustus aan die Toyota Cup in Vereeniging en op 29 Augustus aan die Tiny Titans kompetisie in Brakpan gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button