Local newsSport

Carletonville se Fight St skopboksers skitter by groot Vereeniging-kompetisie

Plaaslike vegters verower goue medaljes tydens die Collide Fight League-kompetisie, ondanks strawwe mededinging.

Verskeie lede van die Fight St Skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Volgens hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het die groep op 22 Augustus aan ‘n Collide Fight League-kompetisie by Vaal Toyota in Vereeniging deelgeneem.

Sowat 120 vegters, wat van beginners tot professionele vegters gewissel het, het deelgeneem.

“Hierdie was een van die grootste skopboks kompetisies van die jaar gewees en was baie goeie ondervinding vir ons vegters,” sê Van Winkel.

Die kompetisie is regtreeks op YouTube uitgesaai.

Volgens Van Winkel is hy veral gelukkig dat van die klub se vegters wat die eerste keer aan so ‘n groot kompetisie deelgeneem het, steeds met goue medaljes huis toe gekom het.

Die vegters neem die komende naweek aan die Tiny Titans-kompetisie in Brakpan deel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button