Laerskool Dagbreek se top drie junior redenaars het hulle goed van hul taak gekwyt. Voor is graad 1 se top 3’s: Mila Burger, Liam Viviers en Maurelius Griffiths. In die middel is graad 2 se top 3’s: Leme Pretoruis, Johnny Rudolph en Kimane Baptiste. Agter is graad 3’s se wenners: Mihane Nel, Danike van der Merwe en Jaco Stander.
Laerskool Dagbreek het onlangs sy top drie redenaars in elke graad aangewys.
Volgens die skool se woordvoerder, me. Colene Rudolph, neem almal in die skool aan redenaars deel. Die wenners in elke graad is dus letterlik nie op hul monde geval nie. Al die leerders van die skool gaan op 9 Maart om die trofee as beste redenaar in die skool meeding.
Die seniorfase redenaars het ook uitstekend presteer. Die graad 4 wenners is Neandi Janneke, Lehane Mey en Mieke van den Berg. Die graad 5 wenners Sune Rudolph, Katrien Havenga en Keagan Nel. Die graad 6 wenners is Adrian Victor, Meagan van der Merwe en Thomas Grobler. Die graad 7 wenners is Ricco Pretorius, Rossouw Nel en Mieke van den Berg. Foto’s: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.