NewsNewsSportSport

Stoeiers staan vir niemand terug

‘n Groep plaaslike stoeiers het onlangs gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Lede van die Ratel Amateur Stoeiklub van Carletonville het verlede naweek aan die eerste ope-stoeikompetisie vir 2022 deelgeneem. Altesaam 13 klublede het tydens die byeenkoms, die Frank Joubert Ope wat in Menlo Park in Pretoria gehou is, gestoei.
Hoewel daar sowat 350 deelnemers was wat sterk kompetisie was, het die Ratels hul goed van hul taak gekwyt en 11 medaljes huis toe gebring. Daar was sowat 350 deelnemers.
“Die Frank Joubert Ope is een van die grootste ope-kompetisies van die jaar in die stoeikringe. Ons is baie opgewonde oor die vordering van ons stoeiers. Hulle oefen baie hard,” sê ‘n woordvoerder van die klub, Mariska Snyman. Sy sê dat enige iemand wat belangstel om te stoei, welkom is om Maandae en Donderdae by die klub in te skakel. Belangstellendes kan die klub se voorsitter, Francois van Zyl, by 082 563 5986 skakel.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button