Local newsNews

Twee fietsryers doen ernstige beserings op in botsing buite Potch

Een van die fietsryers, William Schoeman, het bloeding op die brein opgedoen tydens die botsing.

Twee fietsryers het Maandag, 1 April teen mekaar gebots nadat die een fietsryer se wiel aan ‘n ander fietsryer se wiel geraak het.

Albei het ernstige beserings opgedoen.

Jolanda Rosin, wie se man Dean Rosin een van die beseerdes is, het Maandagaand aan die Herald se susterkoerant Potchefstroom Herald genoem dat die ander beseerde, William Schoeman, bloeding op die brein opgedoen het. “Hy (William) is deur ‘n rowwe tyd,” sê Jolanda.

“Ons het in twee groepe teruggery op die Paryspad,” vertel Jolanda oor die dag se gebeure. “William se wiel het aan iemand anders s’n geraak en toe val hy. Dean was agter William en het toe ook geval.

Pieter Kruger het dadelik sy vrou, wat ‘n mediese dokter is, gebel. Sy het gekom en die ambulans het baie vinnig gereageer.

Die polisie, ‘n ambulans en ‘n dokter was dadelik op die toneel. Hulle het Dean en William ondersoek en gestabiliseer. William is dadelik met die ambulans hospitaal toe gevat. By die hospitaal gekom is William vir ‘n CT scan gestuur waar dokters vasgestel het dat hy bloeding op die brein opgedoen het. Hy het ook sy sleutelbeen gebreek. Dean het vir ‘n sonar gegaan. Sy ander wonde is ook dadelik behandel. Ons kan net sê dat die gemeenskap regtig wonderlik was.” Jolanda voeg by dat so iets vinnig gebeur.

“Dean is erg geswel en gekneus, maar ons is dankbaar dat niks gebreek is nie.” Jolanda was deel van die tweede fietsrygroep terwyl beide Dean en William deel van die eerste groep was. “Toe ek om die draai kom het ek net blou ligte gesien, en toe sien ek Dean lê in die gras. Ek het baie groot geskrik, maar toe ek stop, het mense dadelik my bygestaan en gesê dat Dean okay gaan wees. Die mense was regtig vir my ‘n seëning.”

Dean noem dat die fietsrygemeenskap wonderlik was en hulle gehelp het.
William vertel dat sy sleutelbeen eers geheg kan word wanneer die bloeding op sy brein gesak het. “Ek het plekke waar ek redelik vel-af is. Die pyn is darem nie te erg nie solank ek stil lê. Ek is steeds in die hospitaal en word gemonitor. Ek gaan vir nog ‘n CT scan gaan om seker te maak dat die bloeding nie meer word nie. Dit behoort binne twee of drie dae self op te klaar.”

William voeg by dat in die oomblik het hy besef hy gaan val, en toe hy weer bykom is hy in ‘n ambulans.

Dean sterk tans by die huis aan.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2024/04/08/twee-fietsryers-doen-ernstige-beserings-op-in-botsing/?fbclid=IwAR2N2dMTMiXxPfbDN_y0ShldIgp5DFepLfreoXYEBdKbMhV62ttlDsXjV_E_aem_ASkEvpqVez58wDRWACg9Egp6hNlsn8mpYZ3T5d-FfutM4HYUEiRkqbhhMM3hX–8npf4hORUiu6wYkoof8-fhMQy

 

Related Articles

 
Back to top button