Hoërskool Carletonville spog met twee rugbyspanne in Noordvaal-semi’s
Almal is welkom om hulle Saterdag te gaan ondersteun.
Hoërskool Carletonville se eerste rugbyspan en o.14’s het albei hul plek in die Noordvaal Groep 4-semi-finaal verseker ná kragtige seë op 9 Augustus. Die gemeenskap word genooi om die spanne op 16 Augustus tuis te ondersteun.
Hoërskool Carletonville se rugbyhelde hou vanjaar die dorp se naam hoog met puik prestasies op die veld. Op Vrydag 9 Augustus het beide die eerste span en die o.14’s hul plek in die Noordvaal Groep 4-kampioenskap se semi-finaal vasgepen.
Die Eerstes het Hoërskool Patriot van eMalahleni (voorheen Witbank) met ’n indrukwekkende 47–8 afgeransel, terwyl die jong o.14’s Gekombineerde Skool Hendrina 17–7 getroef het.

Die volgende groot uitdaging is op Vrydag 16 Augustus op tuisgrond. Die o.14’s skop die dag om 10:00 af teen Hoërskool Parys, gevolg deur die eerstes om 11:00 teen Hoër Tegniese Skool Klerksdorp.
Die skool doen ’n beroep op die hele Carletonville-gemeenskap om saam te kom juig en te help om die spanne oor die wenstreep te dra.



