Local newsNews

Kersliggies bring weer glimlagte na Fochville

Ten spyte van die harde werk en koste het Karin Lourens, aangemoedig deur haar kinders, besluit om die liggies weer aan te sit om feesvreugde te bring.

Inwoners van Fochville en die res van die omgewing kan weer vanjaar na die kersliggies by ‘n huis in Kraalkopstraat gaan kyk.

Volgens die huis se eienaar, Karin Lourens, het sy weer vanjaar besluit om kersliggies in haar erf by 105 Kraalkopstraat op te sit na sy dit vir twee jaar nie gedoen het nie.

“Ek is ‘n enkelouer en dit is maar baie werk om dit self te doen,” sê Lourens.

Haar oorlede man, Tommie, het jare lank liggies in hul erf in Welverdiend opgesit en Lourens het aanvanklik besluit om dié werk voor te sit. Die baie werk en ekstra onkoste, nie net van elektrisiteit nie, maar ook om al die liggies deur te gaan en dié wat nie werk nie te vervang, het haar egter tydelik ondergekry.

Dit het haar twee dae en aande, waarin sy nie kans vir iets anders gehad het nie, geneem om die liggies op te sit.

Hoewel Lourens nie gedink het sy gaan vanjaar liggies opsit nie, het haar kinders haar oortuig om dit maar tog te doen.

“Dit gee mens ‘n warm gevoel om te sien hoe al die kinders dit geniet,” sê Lourens.

Die liggies sal weer tot 1 Januarie aan wees en almal is welkom om te gaan kyk. Daar sal ook van 23 tot 25 Desember ‘n Kersvader wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button