Local newsNews

Hoërskool Fochville se ‘Blougolf’ skitter in 2026 atletiekseisoen

Die skool het 44 atlete na die D2-byeenkoms gestuur, sewe atlete is vir die Gauteng-kampioenskappe gekies, en verskeie toppresteerders het gesogte trofeë by die Interhoër in Potchefstroom verower.

Hoërskool Fochville beleef tans een van sy mees suksesvolle atletiekseisoene in jare, met die sogenaamde “Blougolf” wat byna elke byeenkoms vanjaar oorheers.

Volgens die skool se woordvoerder, Elsabe de Mesquita, is “geseënd met talent” die enigste manier om die 2026-seisoen te beskryf.

“Atletiek bly eenvoudig een van die mooiste sportsoorte, en 2026 stel beslis nie teleur nie. Twee tuisbyeenkomste het rekords sien spat en telkens het die Blougolf onoorwonne uit die stryd getree,” sê sy.

Die skool het na afloop van die suksesvolle Clusterbyeenkoms wat hul aangebied het, altesaam 44 atlete na die D2-byeenkoms gestuur. Sewe van Hoërskool Fochville se atlete is ook na afloop van dié byeenkoms gekies om die D2-span aan die begin van Maart by die Gauteng-kampioenskappe te verteenwoordig.

Intussen het twee van die skool se o15-meisiesspanne ook aan die Curro Podium-aflosbyeenkoms in Pretoria deelgeneem en onderskeidelik ‘n derde- en vierdeplek behaal. Die skool het verder sewende uit 34 skole geëindig tydens Hoërskool Noordheuwel se Top 15-atletiekbyeenkoms vir kleinskole.

Hoërskool Fochville se ondersteuners was ook op hul voete tydens die Interhoër in Potchefstroom toe hul derde uit 13 skole geëindig het.

Verskeie atlete het tydens die Interhoër met die louere weggetrap. Dewald Prinsloo is as die beste o19-veld- en seunsatleet aangewys, terwyl Juandré Graaff en Megan Smith onderskeidelik met die Senior Victor- en Victrix Ludorum-trofeë weggestap het.

“Ons is trots op elke atleet wat deel van ons atletiekspan by elke byeenkoms uitgemaak het. Sterkte aan elkeen wat steeds hard oefen om Gauteng toe te gaan, asook dié wat kan kwalifiseer om Noordwes deur die ASA-been te verteenwoordig,” sê De Mesquita.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button