Local newsNews

Oorlede dogtertjie van Welverdiend se pa pleit skuldig op aanklagte van moord en verkragting

Hy is sedert sy arrestasie agter tralies.

Die man van Welverdiend wat daarvan aangekla word dat hy sy babadogtertjie verkrag en vermoor het, het die afgelope week skuldig gepleit.

Hugo Ferreira (37) het Vrydag in die Pretoria Hooggeregshof voor Regter Portia Dipuo Phahlane op aanklagte van moord en verkragting verskyn.

Hy het skuldig op albei die klagtes gepleit en die saak is tot later dié maand uitgestel sodat ‘n voor-vonnis verslag opgestel kan word.

Ferreira het nooit sedert hy in Junie 2023 gearresteer is, borg ontvang nie.

Ons omgewing was geskok na sy dogtertjie, wat maar net agt dae oud was, het op 9 Junie 2023 in Carletonville Hospitaal aan haar beserings beswyk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button