Local newsNews

Scorpions Rugbyklub meet krag met Harlequins in ligawedstryde

Hulle moet volgende teen die Wasps aantree.

Spanne van die Scorpions Rugbyklub het die afgelope naweek hul krag teen die Harlequins Rugbyklub gemeet tydens ligawedstryde wat op die Harlequins se velde in Krugersdorp gespeel is.

Volgens die klubbestuurder, Joe Bosch, moes al drie van die Scorpions se spanne ongelukkig die knie buig teen die sterker opponente. Die o.19-span het met 22–76 verloor, die tweede span met 0–55, en die eerste span is met 14–73 geklop.

“Ons ouens se harte is reg. Hulle gee hul alles en hulle geniet elke oomblik,” het Bosch gesê.

Die Scorpions het nog drie ligawedstryde vir die seisoen oor. Die volgende wedstryd is op 12 Julie teen die Wasps, en gaan op die velde van Hoërskool Wonderfontein beslis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button