Laerskool Dagbreek se Rejanke Helm blink uit by Merafong Kunstefees
Sy het uitstaande prestasies in beide Afrikaanse en Engelse items, asook in skilderkuns behaal.
Laerskool Dagbreek is trots om aan te kondig dat een van hul eie, Rejanke Helm, die Burgemeestersvroutrofee tydens die 2025 Merafong Kunstefees verower het. Hierdie toekenning word toegeken aan deelnemers wat uitsonderlik presteer oor verskeie kunsvorme heen — iets wat Rejanke met gemak reggekry het.
Sy het aan drie items in drie verskillende afdelings deelgeneem en daarin geslaag om sewe afdelings te wen – ’n merkwaardige prestasie!
In die Afrikaanse afdeling het sy eerste plekke behaal in:
-
Onvoorbereide lees
-
Voorgeskrewe poësie
-
Gedramatiseerde prosa
-
Prosa
In die Engelse afdeling het sy gewen in:
-
Prescribed poetry
-
Dramatized prose
-
Prose
Daarby het sy ook uitgestaan in die skeppende kunste-afdeling, waar sy in skilderkuns die louere ingeoes het.
Laerskool Dagbreek is uiters trots op Rejanke se talent, harde werk en toewyding. Sy is ’n ware ambassadeur vir kuns en kultuur in ons gemeenskap.



