Local newsNews
Carletonville DBV soek nuwe huise vir pragtige honde en katte
Die organisasie herinner ook inwoners om hulle te kontak indien ’n troeteldier wegraak, aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.
Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.
Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.
Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.
Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



