Local newsNews

Hoërskool Carletonville-atleet kwalifiseer vir SA’s ná sterk vertoning by Gauteng Atletiekkampioenskappe

Atlete van Hoërskool Carletonville het uitstekende resultate behaal tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe.

Atlete van Hoërskool Carletonville het die afgelope naweek tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe in Germiston presteer.

Mikayla Smit het uitstekend gevaar en gekwalifiseer om aan die SA’s deel te neem in die afdeling vir dogters o17 200m en 4 x 100m-hekkies.

“Hierdie is ‘n merkwaardige prestasie. Ons wens ook Rian Mostert geluk met sy agtste plek in die seuns o17 Diskus, asook Xolani Kotoi met sy vierde plek in die seuns o19 110m-hekkies,” sê die skool se woordvoerder, Sandra Venter.

Die skool het ook vir Mikayla sterkte toegewens met haar komende deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Rustenburg gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button