Local newsNews

Rugbyspeler van Hoërskool Fochville ernstig beseer – Familie vra dringend hulp

Graad 8-leerder Xander van Niekerk benodig operasie en langtermyn behandeling ná ernstige rugbesering tydens rugbytoer

Die familie van ’n rugbyspeler van Hoërskool Fochville het dringend hulp nodig nadat die seun die afgelope naweek ’n ernstige rugbesering tydens die skool se rugbytoer opgedoen het.

Xander van Niekerk, ’n graad 8-leerder aan Hoërskool Fochville, het Saterdag, 28 Maart, die rugbesering tydens ’n rugbywedstryd in Witrivier opgedoen. Dit vorm deel van die skool se rugbytoer.

Volgens Xander se ouma, René Gous, het sy ouers nie ’n mediese fonds nie.

“Hy het ’n rugmurgfraktuur by T12 opgedoen en sy L1-werwel het uitgehaak. Sy besering is baie onstabiel en hy kan ongelukkig eers Woensdag geopereer word en moet dus baie stil lê. Hy is in die Rob Ferreira-staatshospitaal opgeneem omdat hulle nie ’n mediese fonds het nie. Tydens die operasie sal ses skroewe en ’n plaat ingeplaas word om sy ruggraat te stabiliseer,” sê sy ouma.

“Ons is ongelooflik dankbaar dat hy kan beweeg, maar die pad na herstel gaan lank wees. Hy sal met ’n privaat ambulans van Witrivier na Fochville vervoer moet word, waarskynlik teen Saterdag. Hy sal ook vir ses maande intensiewe fisioterapie moet ontvang, wat ongeveer R30 000 vir dié tydperk sal kos. Die stut alleen kos R6 000. Hy sal ook opvolg-doktersbesoeke, CT-skanderings en ander mediese sorg benodig. Intussen het sy ouers ook verblyf-, brandstof- en lewenskoste daar,” sê Gous.

Daar is ’n BackaBuddy-fonds vir hom gestig, maar enige verdere donasies kan by Hoërskool Fochville inbetaal word met die verwysing “XANDER”. Die bankbesonderhede is: Hoërskool Fochville, Absa Bank, rekeningnommer 1610 3201 27.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button