Fanatics Racing Club blink uit by Two Oceans Ultramarathon
Klublede voltooi uitdagende 56km- en 21km-wedlope met indrukwekkende tye in Kaapstad
Verskeie lede van die Fanatics Racing Club (FRC) het verlede naweek naweek die Two Oceans Ultramarathon aangepak.
Die langasems het op 11 April die 56km roete vanaf Newlands in Kaapstad aangedurf.
Van die klublede het ook die 21km aangepak.
In die 56km afstand het Olebile Pule en Ian du Plessis saam in ‘n tyd van 6:12:00 oor die eindstreep gedraf. Dit was Olebile se 26ste Two Oceans met Du Plessis wat die wedloop vir die 15de keer aangedurf het.
Die tye van ander deelnemers aan die 56km was David Volkwyn (5:59:00), Ijay van der walt (6:41:00), Eureka de Smidt (6:53:00), Moeketsi Makuone (5:26:00) en Zelda Standing (6:22:00).
Die tye van deelnemers wat die 21km voltooi het, was Charmori Groenewald (2:10:00), Susan Visser (2:03:00), Crystal Gulston (2:42:00), en Adrian Stallenberg (2:42:29). Eloise Pieters het die 16km in ‘n tyd van 2:39:00 voltooi.



