Die algemene wanopvatting dat netbal slegs ‘n sport vir die skoner geslag is, is verlede naweek behoorlik verkeerd bewys deur mansspelers van Carletonville se Warriors-netbalklub.
Volgens die klub se woordvoerder, Joe Bosch, het die klub se tweede span die afgelope naweek aan ‘n mans Fast5-kitsnetbal-ligakompetisie deelgeneem.
“Ons het drie wedstryde gespeel waarvan ons een gewen en twee verloor het. Ons het baie goed gedoen al was ons sterspeler nie daar nie omdat sy ouma oorlede is. Dit was vinnige wedstryde omdat daar net vyf spelers in plaas van sewe op die baan was,” het Bosch verduidelik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



