Local newsNews

Carletonville Round Table help bejaardes met kosprojek in Welverdiend

Die klub se worsrol-projek het genoeg fondse ingesamel om voedsel aan die afdeling vir verswakte bejaardes by die ouetehuis te skenk.

Die Carletonville Round Table is steeds aan die gang om behoeftiges in die omgewing te help.

Die klub het met hul onlangse worsrol-projek, wat deur hul nuutste lid Dean Bezuidenhout begin is, genoeg fondse ingesamel om twee bokse kos in “food socks” aan die afdeling vir verswakte bejaardes by die ouetehuis in Welverdiend te skenk.

“Baie dankie aan almal vir julle ondersteuning, dit maak ‘n werklike verskil. Ons wil ook graag die gemeenskap uitdaag om organisasies soos ons en die Rotariërs te ondersteun. Inwoners kan self betrokke raak of net projekte ondersteun,” sê klublid Shaun van der Merwe.

Mense tussen 18 en 40 jaar oud kan lid van die Carletonville Round Table word.

Diegene wat meer wil weet, kan gerus vir Desmond Erasmus kontak by 082 385 2358 of Bradly Hall by 060 963 5379.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button