Local newsNewsSport
Fight St-skopboksklub se vegters blink uit by nasionale kampioenskap in Oudtshoorn
Die klub het verskeie medaljes verower tydens die kampioenskap waar meer as 1 200 vegters van regoor Suid-Afrika meegeding het.
Vegters van die Fight St-skopboksklub het uitstekend tydens die nasionale kampioenskap gevaar wat van 25 tot 29 April in Oudtshoorn in die Wes-Kaap gehou is.
Meer as 1 200 vegters het deelgeneem en al Suid-Afrika se provinsies is verteenwoordig.
Verskeie van die klub se vegters het medaljes huis toe gebring.
“Ons klub se vegters het baie goed gedoen en ek is trots op hulle,” sê die klub se afrgter, Shihan Chimmy van Winkel.
Vegters wat goue of silwer medaljes gewen het, staan die kans om vir die nasionale span gekies te word wat later die jaar aan die wêreldkampioenskap in Italië gaan deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



