Local newsNews

Dagbreek-rugbyspelers gekies vir Goue Leeus-spanne

Twee jong rugbytalente van Laerskool Dagbreek in Carletonville is onlangs vir Goue Leeus spanne gekies nadat hulle tydens uitdunne beïndruk het.

Twee leerders van Laerskool Dagbreek in Carletonville het onlangs gewys dat hulle van die beste junior rugby spelers in Gauteng is.

Volgens dié skool se woordvoerder, Colene Rudolph, is Reggardt Botha en Zander Esterhuizen vir die Goue Leeus gekies. Reggardt is ‘n o13-speler terwyl Zander vir die o12’s op die veld sal draf.

“Daar was verskeie uitdunne gehou, waar van Dagbreek se ander seuns ook deel was, maar dié twee seuns het tot die einde vasgebyt. Ons as Dagbreek is trots op hulle en kan nie wag om te sien hoe hulle as rugbyspelers groei die res van die seisoen by die Leeus nie,” sê Rudolph.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button