Local newsNewsSport
Fochville se skopboksers palm medaljes in
Die skopboksers hou voortdurend hul dorp se naam hoog.
Lede van die Fochville skopboksklub het onlangs tydens twee groot kompetisies presteer.
Volgens een van die klub se afrigters, Sensei Jurgens Bence, het van die klub se jong lede onlangs aan die Tiny Titans ontwikkelings kompetisie in Brakpan deelgeneem.
Verskeie het met medaljes teruggekeer.
“Ons het baie goed gedoen,” voeg hy by.
Intussen het van die klub se lede ook hul staal by die Mooirvier Challenge in Potchefstroom gaan wys.
Van die lede het ook medlajes tydens die byeenkoms ingepalm.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



