Local newsSport

Ruiters presteer tydens kampioenskap

Hierdie jong ruiters is van die beste in die land.

Twee ruiters van Fochville het die afgelope naweek hul staal tydens ‘n groot kampioenskap in Bloemfontein gewys.

Mariolee en Annemie Brandon het van 22 tot 27 April aan die SA Saalperd Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Dit is as deel van die jaarlikse Bloemfontein Skou aangebied.

Dit is nie net die grootste Saalperdskou in Suid-Afrika nie, maar ook die grootste Saalperdskou in die wêreld wat in ‘n oop arena gehou word.

Mariolee het die eerste plek in die Stap/Draf kampioenskap vir ruiters van alle ouderdomme gewen en het ook met die eerste plek in die kampioenskap vir die o.10 Kinder Park Horse afdeling weggestap. Sy was ook die wenner van die Stap/Draf Equitation klas vir ruiters onder 10 jaar oud.

Mariolee het verder die vyfde plek in die Country Pleasure League vir ruiters van alle ouderdomme ingepalm. Annemie het ‘n vierde plek gekry, maar moes toe ongelukkig onttrek omdat haar perd seergekry het.Mariolee (9) is ‘n leerder van Laerskool Fochville, terwyl Annemie (14) in Hoërskool Fochville is.

Hulle word deur Dale van Rensburg afgerig.

Annemie het haar staal op Klipdrift gewys.
Mariolee en Annemie Brandon by hul afrigter, Dale van Rensburg.

Related Articles

 
Back to top button