Local newsSport

Fochies se Tweedes wen liga

Hoërskool Fochville se tweede hokkiespan hou die skool se naam hoog.

Hoërskool Fochville se tweede span het onlangs as ligawenners uit die stryd getree.

Volgens die skool se woordvoerder, me. Elsabe de Mesquita, het die span in die finaal van die mediumskole liga teen Hoërskool Riebeeckrand van Randfontein te staan gekom.

Dit was ‘n naelbyt-stryd, aangesien die spanne gelykop 1 – 1 geëindig het. Hulle is toe agt ekstra sekondes gegee, maar was steeds gelyk. Die meisies van Fochville het egter hul staal gewys toe hulle hierna tydens die “sudden death” 2 – 1 gewen het.

“Baie geluk Fochies. Julle maak ons trots,” het De Mesquita na afloop van die oorwinning gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button