Die gevorderde MMA-vegters wat in Klerksdorp deelgeneem het is Patrick Steyn (tweede van links) en Kenneth Golden (derde). By hulle is hul afrigters Charmaine Rabbolini and Shihan Chimmy van Winkel.
Vegters van Carletonville het die afgelope naweek hul vaardigheid tydens twee afsonderlike kompetisies gewys.
Lede van die XKT Fight St gemengde vegkuns (ook bekend as mixed martial arts of MMA) en skopboksklub in Carletonville het Saterdag in die Portugese saal in Klerksdorp aan gevorderde MMA gevegte deelgeneem. Die Carletonviller Kenneth Golden het teen Eduan Pienaar van Potchefstroom te staan gekom.
Kenneth het sy opponent in ‘n harde wedstryd verslaan en met die gouemedalje weggestap.
Patrick Steyn het teen Quinton Deyzel van Vereeniging geveg en ‘n silwermedalje verower.
Skopboksers ook tops
Verskeie van die klub se skopboksers het aan die Great North-kompetisie in Brakpan gaan deelneem. Beide jong en gevorderde vegters kon hul staal wys.
Hoewel daar altesaam 300 deelnemers was, het die Carletonvillers verskeie medaljes ingepalm.
“Die feit dat selfs van ons jong vegters só goed gedoen het, wys dat hulle al behoorlik weet waaroor die sport gaan en vir niemand hoef terug te staan nie,” sê hulle afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.
Die vegters wat medaljes tydens die Great North-kompetisie ingepalm het, is voor Tinus van Wyk (goud), Zaiden Paich (goud en twee brons) en Emma Botha (drie goud). In die tweede ry is Junior Roqo (drie goud), Prince Molefe (vierde plek), Dandré Schonveld (goud, silwer en brons) en RJ Grobler (silwer). In die derde ry is Shihan Chimmy van Winkel (afrigter), Dewald Greyling (afrigter), Kaitlyn Botha (twee goud en silwer), Monique Benson (twee silwer en brons), Abigail Botha (twee goud en silwer), Benoré Meyer (drie goud) en Charlie Esterhuizen (twee goud en brons). Die gevorderde vegters wat in volkontak gevegte deelgeneem het, is agter. Hulle is Nathan Sale (goud), JT Tuz (silwer), Leeroy Robinson (goud), Alex Tuz (silwer), Danie Greyling (afrigter) en Albert Wright (drie goud en het ook as skeidsregter opgetree).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.