Local newsSport

FRC-atlete pak Two Oceans

Verskeie van ons omgewing se atlete het verlede naweek die Two Oceans aangedurf.

Verskeie lede van die FRC (Fanatics Racing Club) van Fochville het die afgelope naweek aan die Two Oceans ultramarathon deelgeneem.

Dié 56 km wedloop is Saterdag in Kaapstad gehou.

Volgens ‘n woordvoerder van die klub, Elmarie Hayes, was Paul du Plessis die eerste FRC atleet oor die eindstreep toe hy die wedloop in 05:53:55 voltooi het.

Ian du Plessis was die tweede klublid tuis in ‘n tyd van 05:57:55 terwyl Coleen Schmidt derde in ‘n tyd van 06:00:06 was.

Die tye van die ander FRC-lede was David Volkwyn (06:06:20), Tuness Prinsloo (06:33:59), Lumeri Feyt (06:45:46), Stefan Feyt (06:45:47), Olebile Pule (06:50:38), Adrian Stallenberg (06:53:43), Jabulani Naas Lambert (06:55:23) en Elizabeth de Beer (06:56:26).

Jabulane Naas Lambert, Elizabeth de Beer en Olebile Pule na afloop van die wedloop.
Lumeri en Stefan Feyt het nog heel vars na hulle Two Oceans gelyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button