NewsNews

Motoriste jaag op padblokkades af

Daar is sedert Maart met die afkondiging van die nasionale staat van inperking steeds daagliks padblokkades onder meer op die N1 omdat provinsiegrense steeds gesluit is. Maar wetstoepassers sê hulle vrees vir hul lewens met motoriste wat op die padblokkades afjaag en hul min steur aan die spoedbeperkings of padtekens. Hiervan getuig die talle remmerke …

Daar is sedert Maart met die afkondiging van die nasionale staat van inperking steeds daagliks padblokkades onder meer op die N1 omdat provinsiegrense steeds gesluit is.

Maar wetstoepassers sê hulle vrees vir hul lewens met motoriste wat op die padblokkades afjaag en hul min steur aan die spoedbeperkings of padtekens. Hiervan getuig die talle remmerke op die pad voor die padblokkade.

Asseblief wees op die uitkyk vir polisielede en beamptes wat die padblokkades beman en besig is met die uitvoering van hul pligte.

Jy moet spoed verminder wanneer jy die padblokkade nader en gehoor gee aan die padtekens.

Dankie aan LGV wat ‘n tent en rubberstroke vir die polisie vir die padblokkade beskikbaar gestel het asook WynnWith wat gehelp het met ‘n waterkar vir beamptes wat hier diens doen. Dit word opreg waardeer.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Motoriste jaag op padblokkades af

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button