NewsNews

KYK: Vandale ruk en pluk stopteken dat dit skoon skeef staan

Daar gebeur snaakse goed in die aande in die rykmansbuurt van Drie Riviere-Oos in Vereeniging. Soos dié drie vandale wat Vrydagaand skynbaar vir geen rede besluit het om ’n stopteken op die hoek van Hawthorne- en Flamingostraat te vandaliseer. Op geslotekring-beeldmateriaal wat omstreeks 21:45 geneem is kan mens sien hoe drie jongmanne die padteken ruk …

Daar gebeur snaakse goed in die aande in die rykmansbuurt van Drie Riviere-Oos. Soos dié drie vandale wat Vrydagaand skynbaar vir geen rede besluit het om ’n stopteken op die hoek van Hawthorne- en Flamingostraat te vandaliseer. Op geslotekring-beeldmateriaal wat omstreeks 21:45 geneem is kan mens sien hoe drie jongmanne die padteken ruk en pluk. Die padteken het die volgende dag skeef gestaan. Die video is besig om opslae te maak nadat dit onlangs op sosiale media versprei is. “Dit lyk soos drie hoërskoolseuns wat ‘n goeie pakslae kort,” meen ‘n inwoner met wie Vaalweekblad gesels het. Daar is nou ‘n soektog na die seuns gelas. Volgens haar was daar die afgelope tyd ‘n toename in vandalisme in die omgewing.

Die padteken staan koon skeef nadat dit Vrydagaand onder drie kwaaijongens se hande deurgeloop het. Foto: Christiaan Cloete

Kyk video hier:

 
 
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button