NewsNews

Kapers beduie daar’s fout, en ry toe self weg met slagoffer se bakkie

Kapers beduie daar’s fout, en ry toe self weg met slagoffer se bakkie 56 mins ago

Die polisie het motoriste dié week gewaarsku om onder geen omstandighede langs die pad in die Parys-omgewing stil te hou tensy dit absoluut noodsaaklik is nie, en dan verkieslik op ‘n veilige plek waar daar mense naby is wat hulp kan verleen, sou jy dit nodig kry.
Die waarskuwing volg nadat ‘n 56-jarige man helder oordag deur vyf mans gekaap is, en toe in die Ennerdale-omgewing afgelaai is.
Sy Toyota Hilux bakkie wat die kapers gesteel het, is later dieselfde dag deur die polisie in Sebokeng gekry.
Die kaping het op 19 April omstreeks 07:40 gebeur toe ‘n verbygaande motoris aangedui het dat daar iets van die slagoffer se bakkie afgeval het.
Die man het niksvermoedend stilgehou om te kyk wat fout is. ‘n Bruin Citroen het by hom gestop. Twee mans het uitgeklim en ‘n vuurwapen op hom gerig. Hy is na die bosse langs die veld geneem waar hy geblinddoek is.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Kapers beduie daar’s fout, en ry toe self weg met slagoffer se bakkie | Parys Gazette

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button