NewsNews

Ontvoerde studentevlieëniers gevind en bevry, twee in hegtenis geneem

Die polisie sê twee Egiptiese studentevlieëniers van ’n vliegskool in Vereeniging wat ’n maand gelede ontvoer is, is die naweek gevind en bevry en twee mense in hegtenis geneem.

Fadi Said Elhadi Mohammed Hamoud (31) en Muwmin Kamel Garber (19) is op 14 Mei by ‘n klub in Primrose, Germiston ontvoer.

Kolonel Athlenda Mathe het in ’n verklaring gesê hul voertuig is langs die R59 gevind en die verdagtes het na bewering op ’n losprys aangedring vir hul vrylating.

News24 berig die polisie se anti-ontvoeringstaakspan het Vrydag (10 Junie 2022) die ontvoerde Egiptenare gevind en bevry.

Twee mans is glo in verband met die ontvoering in hegtenis geneem.

Hier is die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad:

Ontvoerde studentevlieëniers gevind en bevry, twee in hegtenis geneem | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button