Local newsNews

Welverdiend NG-gemeente sluit na 65 jaar

Die Welverdiend NG-gemeente gaan aan die einde van die maand sy deure permanent sluit.

Dié bekende gemeente in 21ste Laan 119 is reeds in 1957 gestig en eredienste het in 1961 begin. Die gemeente gaan egter op Sondag 26 Februarie sy laaste erediens hou. Volgens ‘n verteenwoordiger van die Welverdiend NG-gemeente se bestuur, mnr. Tollie Lubbe, is lidmate reeds tydens ‘n vergadering op 30 Oktober verlede jaar ingelig dat die gemeente gaan sluit. Hulle het ‘n geleentheid gehad om insette te lewer, waarop die finale besluit om die kerk te sluit op 3 Februarie geneem is.
“Die gemeente kan net nie meer finansieël voortleef nie,” sê Lubbe.
Lubbe noem dat hoewel dit steeds nie seker is waar lidmate gaan inskakel nie, hulle reeds met ondehandelings met ander gemeentes besig is. “Lidmate kan ook begin vra om hul aktestate na ander gemeentes toe oor te dra,” sê Lubbe.
Die ander NG Kerk-gemeente wat die Welverdiend-gemeente inlyf, sal al hul administrasie asook hul kerkgebou, pastorie en die oop erf langsaan oorneem.
‘n Besoekende predikant, Ds Paul Heyns, het die afgelope drie jaar die gemeente tydelik met eredienste gehelp terwyl ‘n inwoner van Welverdiend, mnr. Louis van Zyl, as orrelis uitgehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button