Local newsNews

Video: Wat ‘n skande!

Hoek in Fochville word al vuiler.

Inwoners wat by die hoek van Munt- en Kortstraat in Fochville woon, kla al vir ‘n geruime tyd dat morsjorse hul gemors op die oop erf op hierdie hoek kom gooi.

Van hierdie rommelgooiers is mense wat in die omgewing woon en net te lui is om hul rommel na die vullisterrein te neem.

Hoewel die Fochville vullisterrein in ‘n haglike toestand is, is dit nie langs woonhuise nie.

“Hoe sal hierdie mense voel as ander mense hul gemors voor hulle huise kom gooi?” het die bejaarde mev Yvonne de Beer, wat in die gemors moet vaskyk, onlangs gewonder.

Behalwe vir die rommel, lek riool ook uit ‘n mangat op die sypaadjie.

 

Hier is ‘n video van hoe dit vanmiddag op die hoek gelyk het:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button