Local newsNews

Bejaarde se hondjie saam met bakkie gesteel

Wees asseblief op die uitkyk vir die hondjie, Rusty, en laat weet Michele by 083 680 6632 as julle hom dalk sien.

‘n Bejaarde man van Drie Riviere in Vereeniging se rooi, ou-model Nissan-bakkie is in Drie Riviere naby Standard Bank gesteel. Hoewel die verlies van sy bakkie ‘n groot terugslag vir die oom is, is die ergste dat sy hondjie, Rusty, saam met die bakkie gesteel is.

Die oom is ontroosbaar hartseer oor sy hondjie.
Rusty is ‘n roeskleurige “pavement special” en lyk bietjie na ‘n Maltees. Daar word gehoop dat die kardiewe die hondjie iewers afgelaai het. As iemand hom dalk langs die pad of in ‘n woonbuurt opmerk, kontak asseblief vir Michele by 083 680 6632.

Rusty, die hondjie wat op 19 Mei, saam met sy eienaar se Nissan-bakkie in Drie Riviere gesteel is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button