Local newsNews

Gru ongeluk eis twee jong lewens

Woensdagnag het 'n motorongeluk twee jong Valies se lewens geeis. Lees meer.

VANDERBIJLPARK. – Die skerp draai op die hoek van Rossini-boulevard en Schumannstraat het nog twee lewens geeis.

Tanika Wiggill (24) het Woensdagaand haar vriendin, Cassidy Oosthuizen (19) in Faraday-boulevard gaan haal nadat sy haar skof as kelner voltooi het.

Volgens ‘n inwoner van Rossini-boulevard het hul vlak voor 21:45 ‘n geweldige slag gehoor en sy en haar seun het dadelik na buite gestorm.

“Die straatligte brand lankal nie meer nie en hier gebeur gereeld ongelukke op die draai. Albei die lamppale voor my erf is al flenters gery,” het sy gesê.

Die motor was ‘n wrak. Volgens oogetuies was tot die motorbattery in twee gebreek.

Nooddienste is dadelik ontbied, maar ongelukkig was Tanika op slag oorlede. Cassidy is met ernstige beserings na die Emfuleni Medikliniek vervoer, waar sy ‘n paar ure later aan haar beserings beswyk het.

Presies hoe die ongeluk plaasgevind het, kan niemand sê nie. Na bewering is die motor gesien waar dit minute voor die ongeluk oor die verkeersligte by die Vaal Mall gejaag het.

Die spesifieke draai in Rossini-boulevard het al verskeie lewens geeis. Inwoners vra dat spoedhobbels aangebring word en dat die straatligte herstel word aangesien mense hul in die donker maklik met die pad kan misgis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button