Local newsNews
Bestuurder ná ongeluk in Oranjestraat gearresteer
Die bestuurder van die motor wat vroeg Sondagaand ‘n dogtertjie in Oranjestraat doodgery het, is reeds gearresteer.

Die dogtertjie (6) en haar pa was besig om oor die straat by die Mini OK te loop toe die man in ‘n Chevrolet Cruze in Oranjestraat aangejaag kom. Hy het só vining gery dat sy kar buite beheer geraak het toe hy oor die spoedhobbel naaste aan die vierrigting stopstraat ry.
Die voertuig het die dogtertjie en haar pa getref waarna dit eers ‘n ent verder tot stillstand gekom het.
Die dogtertjie is op die toneel dood terwyl haar pa hospital toe geneem is met ‘n gebreekte been.
Die bestuurder is van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol aangekla.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



