Local newsNews

Herstelwerk by Rand Water se pompstasie voltooi

Dit kan moontlik verligting vir van ons waterprobleme bring.

Die herstelwerk by Rand Water se Eikenhof pompstasie is uiteindelik klaar, wat van ons area se waterprobleme minder kan maak.

Merafong se munisipale bestuurder, Dumisani Mabuza, het vanoggend gesê dat die herstelwerk bykans voltooi is, maar die nasionale radiostasie RSG het later, om 09:00, aangekondig dat dit reeds voltooi is..

Die herstelwerk was genoodsaak na probleme by van Joburg City Power se infrastruktuur wat elektrisiteit aan die pompstasie voorsien. As gevolg van die probleme kon water nie na munisipale areas soos Merafong gepomp word nie.

Die probleem het ook watertekorte in dele van Johannesburg en onder meer Rustenburg veroorsaak.

Dit het die huidige watertekorte vererger in dele van Carletonville, Fochville, Welverdiend en ander areas in Merafong wat deur die munisipaliteit se wanbetaling aan Rand Water veroorsaak is. Rand Water het Merafong se watertoevoer gesny omdat ons munisipaliteit die watervoorsiener meer as R800 miljoen skuld.

Rand Water dreig dat hulle Merafong se water op 25 Maart met ‘n verdere 20% sal sny indien die munisipaliteit hulle weer nie genoeg betaal nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button