Local newsNews

Affie-Plaas Markdag groot pret

Die dag was die eerste van sy soort wat in Fochville gehou is.

Die eerste Affie-Plaas Markdag wat die afgelope Saterdag in Fochville gehou is, was groot pret vir oud en jonk.

Verskeie inwoners het van vroeg af na die dag, wat in die veld tussen Du Preez en Steynstraat, en tussen 8ste en 9de Straat gehou is, gestroom.

Boere van die omgewing kon van hul produkte uitstal terwyl organisasies en strukture wat die gemeenskap help, soos die brandbeskermings vereniging ook gratis uitstallings kon hou om inwoners meer van hul werk te vertel. Baie besoekers het aan die sterk man en vrou kompetisie deelgeneem. Siphe Sineke was die wenner van die manskompetisie terwyl Gisela Bucke die vrouewenner was.

In die junior afdeling het Schalk Jacobs met die wenplek weggestap terwyl Zané Buckle die sterkste meisie was. ‘n Besoeker, Paul Porteous van Heidelberg, het as wenner van die potjiekos kompetisie uit die stryd getree.

Van die spanlede wat alles laat gebeur het, is voor Carin Swart (Affie-Plaas Dorpsfees voorsitter en organiseerder. Agter is Dawie Jacobs (beoordelaar), Blackie Swart (organiseerder), Yolandi de Beer (beoordelaar) en Dirk Malan (beoordelaar).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button