Local newsNews

Affie-Plaas Markdag groot pret

Die dag was die eerste van sy soort wat in Fochville gehou is.

Die eerste Affie-Plaas Markdag wat die afgelope Saterdag in Fochville gehou is, was groot pret vir oud en jonk.

Verskeie inwoners het van vroeg af na die dag, wat in die veld tussen Du Preez en Steynstraat, en tussen 8ste en 9de Straat gehou is, gestroom.

Boere van die omgewing kon van hul produkte uitstal terwyl organisasies en strukture wat die gemeenskap help, soos die brandbeskermings vereniging ook gratis uitstallings kon hou om inwoners meer van hul werk te vertel. Baie besoekers het aan die sterk man en vrou kompetisie deelgeneem. Siphe Sineke was die wenner van die manskompetisie terwyl Gisela Bucke die vrouewenner was.

In die junior afdeling het Schalk Jacobs met die wenplek weggestap terwyl Zané Buckle die sterkste meisie was. ‘n Besoeker, Paul Porteous van Heidelberg, het as wenner van die potjiekos kompetisie uit die stryd getree.

Van die spanlede wat alles laat gebeur het, is voor Carin Swart (Affie-Plaas Dorpsfees voorsitter en organiseerder. Agter is Dawie Jacobs (beoordelaar), Blackie Swart (organiseerder), Yolandi de Beer (beoordelaar) en Dirk Malan (beoordelaar).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button