Local newsSport
Gaan ondersteun die Jaguars vanmiddag in Fochville
Alle rugby-liefhebbers word vanmiddag na ‘n groot plaaslike kragmeting uitgenooi en 'n gelukkige toeskouer kan ook 'n prys van die Herald wen.
Ons eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, kom vanmiddag teen een van hul groot opponente, die Harlequins, te staan.
Die wedstryde word op die Jaguars se tuisvelde by die Gert van Rensburg-stadion gespeel.
Die tweede span draf om 14:40 op die veld terwyl die Eerstes se wedstryd om 16:00 sal begin.
‘n Gelukkige toeskouer staan ook die kans om ‘n prys te wen indien die Herald hulle op ‘n foto in die skare uitwys.
Hou hierdie week ons webwerf vir meer besonderhede dop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



