Ondersteun Saterdag die Jaguars teen Khosa
Ons area se eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, gaan Saterdag op hulle tuisvelde teen Khosa uitdraf.
Die o.21s gaan om 12:30 begin speel terwyl die tweede span om 13:45 op die veld gaan draf.
Die dag se hoogtepunt gaan om 15:00 wees wanneer die Eerstes hul opponente gaan aandurf.
‘n Gelukkige toeskouer gaan ook weer ‘n prys van die Herald wen indien hulle op ‘n foto in die skare uitgewys word.
Intussen het die Jaguars verlede naweek hul opponente van Kagiso in ligawedstryde verslaan.
Die Jaguars het verlede Saterdag hul opponente op die velde van die Raiders rugbyklub in Johannesburg aangedurf.
Die o.21s het om 14:40 op die veld gedraf en Kagiso met ‘n telling van 17 – 12 in die stof laat byt.
Die Eerstes se kragmeting het om 16:00 begin en die Jaguars het híér met ‘n tel-ling van 35 – 24 geseëvier.




