Cantare Kinderkoor nooi kinders na oudisies vir 2022
Die afgelope jaar was ’n ongelooflike suksesvolle jaar vir die Cantare Kinderkoor wat heelwat projekte aangepak het.
Een was die nasionale kompetisie van Talent Afrika waar hul weggestap het met ’n goue medalje in die vokale groepsafdeling in die kompetisie vir populêre musiek.
In November wag die virtuele kompetisie van die Wêreldkoorspele in België vir hulle.
Die koor het ook baie nuwe vooruitsigte vir 2022 en wil daarom kinders in die Albertongemeenskap uitnooi om hul besondere sang- en musiektalent te ontwikkel en ten toon te stel.
Hier is ’n wonderlike geleentheid vir kinders van die ouderdom ses tot 14 om deel te wees van die Cantare Kinderkoor 2022.
Die koororganisasie bied jong dames tussen die ouderdom van 14 en 24 die geleentheid om aansoek te doen vir die Cantare Harmonia Jeuggroep.
Oudisies word 6 November tussen 09:00 en 13:00 gehou. Skakel 082 257 1407 om ’n afspraak te maak. Besoek die koor se webwerf by www.cantare.org.za



