EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Theuns Jordaan en sy musiek leef voort in ons harte

Theuns Jordaan en sy musiek sal voortleef in ons harte.

Hoe skryf mens oor iemand soos Theuns Jordaan?

Hoe neem jy afskeid van ’n sanger en liefdjieskrywer met wie se musiek jy groot geword het?

Iemand wie se musiek jou deur goeie en slegte tye gedra het en wie se liedjes jy tot vandag toe nog luister.
’n Man met ’n rasperstem soos geen ander en wie met jou praat deur sy musiek.

Jordaan het sy stryd teen leukemie, wat verlede jaar by hom gediagnoseer was, op 17 November op die ouderdom van 50 verloor.

Toe ek nuus per WhatsApp-boodskap van ’n pel ontvang het, het alles vir ’n oomblik binne my koud geraak.

Ek het dadelik op sosiale media gaan rondkyk of die nuus waar is, en talle media huise het dit bevestig.

Met ’n geskokte en seer hart klim ek in my kar en soek een van sy CDs en begin dit hardop in die kar speel.
Ek was so geskok, want hoe kan die waar wees?

Geen ander kunsternaar kon ‘n optrede soos Theuns Jordaan gedoen het nie.

Wanneer daar ’n Theuns Jordaaan-vertoning in Alberton of omliggende omgewing, of selfs in Mpumalanga waar ek voorheen gewerk het, was het ek seker gemaak ek is die joernalis wat die vertoning dek.

Ek onthou hoe vol gepak sy vertonings altyd hier in Alberton was.

Ek het hom al sowat vier keer ‘back stage’ ontmoet en het hy my elke keer met soveel respek hanteer. Hy het my nie een keer laat voel dat hy beter as ek is nie en met al my baie gebabbel oor almal in my familie wat ’n boodskap vir hom gehad het, het hy rustig gesit en geluister.

Hy was opreg en dit wat jy gesien het is wat jy gekry het.

Ons het gesellig gesels oor die musiekbedryf en oor my industrie. Dit was nog in die begin toe ek net begin het my joernalistiekloopbaan.

Iets wat altyd by my sal bly is: “Hou net aan en moet nie opgee nie, nooit nie.”

Die foto’s van Theuns Jordaan is in 2016 by die Klipkoppiefees geneem.

Wat ’n eer en voorreg was dit nie om die koning van Afrikaanse musiek te kon ontmoet het nie.

My Facebook-blad se ‘home page’ is steeds vol boodskappe van bekendes en aanhangers met foto’s en videos van Jordaan.

Elke dag van na sy afsterwe stroom huldeblyke steeds vir hom op sosiale media in.

Sy aanhangers deel aanhangers sy liedjies en videos van hom op sosiale media.

Ek groet jou met ’n seer hart troebadoer van Afrikaanse musiek.

Liewe Theuns, ek gun jou die rus. Jy is nou sonder pyn by ons Vader.

Ek sluit af met: “Soos bloed, binne my is jy. Jou groet eggo steeds in my.”

Elzaan Pienaar – verslaggewer

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button