Local news

VLU-vroue in volle blom

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstroom-tak het hul eerste vergadering van die jaar op Dinsdag 23 Januarie by die Abraham Kriel-kinderhuis gehou.

Dié bedrywige groep vroue het weggespring met ’n mini-skou en ’n terugblik op die werk wat hulle in die vorige jaar se kompetisies ingeskryf het.

Louette de Beer, vorige vonkelvrou, oorhandig ’n trofee en skouerband aan Helena Venter.

Die jaarlikse prysuitdeling het gevolg en Elize Gissing van die Kokanje-aftreeoord het as beoordelaar waargeneem. Helena Venter is aangewys as die algehele wenner en is ook as die tak se vonkelvrou benoem.

Die vroue het ook geluister na die welbekende leraar ds. Johan Symington wat die gasspreker was. Hy het gesê dat hy baie tuis voel, aangesien hy as kind gereeld saam met sy ma VLU-funksies bygewoon het.

Die VLU se tema vir die jaar is: “Vrou in volle blom”. Ds. Symington het boeiend gesels oor die eienskappe van die roos, angelier, protea, aronskelk, bergbruidjie, Impalalelie en die bergaalwyn, wat hy as beelde gebruik het om die diversiteit, dinamika en skoonheid in eenvoud van vroue te beskryf.

Belangstellendes wat wil aansluit of ’n vergadering wil bywoon om te sien wat die VLU-vroue doen, is welkom om vir Elsa du Plessis te skakel by tel. 082 707 9506 vir meer inligting.

Related Articles

 
Back to top button