KidsParenting NewsPre-School

Klein Pikkewyne vier Paasfees

Klein Pikkewyn-kleuterskool het Donderdag, 2 Maart Paasfees gedenk deur talle wit ballonne vry te laat.

Die kleuters het aan Estelle Paul, skoolhoof en eienaar, se lippe gehang toe sy vir hul die ware betekenis van Paasfees vertel het.

Sy het ook aan die kleuters gesê dat die wit ballonne ’n simbool is van Jesus wat opgestaan het en daarom vier ons fees want Hy leef.

Daarna het die Klein Pikkewyne heerlik gesmul aan lekkernye.

Jochemus Prinsloo sit met sy handjies gevou terwyl juffrou Estelle vir hulle bid.

Related Articles

 
Back to top button