EntertainmentLifestyle

G4 stel debuut album vry

Vir inwoners van Bela-Bela is die goue klanke van die plaaslike sanggroep, G4, reeds lankal bekend.

Die sanggroep se naam is G4 wat staan vir God’s Grace Gospel Group. Hul sing hoofsaaklik gospel musiek en stel hul debuut album op Vrydag, 3 Mei om 19:00 by Hoërskool Warmbad vry. Die album sal gelykertyd op die aanlyn platforms soos Spotify, YouTube en Apple Music ook bekendgestel word.

Die G4-groep, bestaande uit Christo Stander sy vrou Sonja en hul seun Johan wat hul sangtalent met Wimpy van Rooyen in 2021 saamgesnoer het. Hul is welbekend waar hul optree en die gemeentes in die omgewing met hul melodieuse klanke bekoor. Die groep word gereeld gevra om as uitvoerende kunstenaars by spesiale geleenthede op te tree. Hierdie album sal hul eerste amptelike vrystelling wees.

Aanhangers van G4 kan ook uitsien na twee nuwe enkel snitte en ’n musiek video vir “Nuwe Hemel”, wat reeds beskikbaar is op YouTube.

Christo het aan Die Pos gesê: “G4 se doel is om die Evangelie te verkondig. Dit is ’n manier om mense met die Woord te bedien wat jy andersins nie sou kon bereik nie.”

Met ’n nuwe album op pad en ’n missie om die Evangelie te versprei, is ​​G4 vasbeslote om hul boodskap verder te versprei en hul aanhangers te inspireer. Deur musiek strewe hulle daarna om ’n blywende impak te maak en mense van alle agtergronde te bereik.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button