Solidariteit Helpende Hand het verlede Dinsdag R17 500 aan die Laerskool Oosterkruin oorhandig, vir hul volgehoue en suksesvolle deelname aan Projek Leerkrag.
Die skool is hierdie jaar weer een van die begunstigde skole van Projek Leerkrag.
Deur hierdie projek word studente deur Helpende Hand gesubsidieer en as onderwysassistente ingespan om die druk op oorlaaide onderwysers te verlig, en terselfdertyd waardevolle indiensopleiding te ontvang.
“Die belegging wat al in meer as 60 jong onderwysers se lewens gemaak is, is nou reeds meer as R500 000 werd; dit sal gehalte onderwys in Afrikaans in die toekoms verseker,” het Riaan du Plooy, adjunk-uitvoerende hoof: onderwys en opleiding van Helpende Hand, gesĂȘ.
“Die onderwysers en ouers het die oorhandiging met geweldige toejuiging verwelkom.”
Volgens Du Plooy, gaan die skool die geld aanwend om kinders met leerprobleme te help, deur gebruik te maak van arbeidsterapeute, spraakterapeute en ander ondersteunende dienste.
“Ouers wat nie hierdie ondersteunende dienste kan bekostig nie se kinders sal ook gehelp word,” het Du Plooy gesĂȘ.
Dit is vir hom “‘n riem onder die hart” dat agterstande uitgewis kan word en leerders gehelp kan word om meer effektief in die klas te funksioneer.
Elk van die deelnemende skole ondersteun Helpende Hand met die werwing van ondersteuners vir die projek.
Die Laerskool Oosterkruin het addisionele ondersteuners gewerf en het daarom die prysgeld ontvang.
Skole wat belangstel om meer inligting oor Projek Leerkrag te verkry, kan ‘n e-pos aan Du
Plooy stuur, by riaan@helpendehand.co.za.



